Landingeslote land

Landingeslote lande oor die wêreld (groen) en tweekeer landingeslote lande (pers).

'n Landingeslote land is 'n land sonder direkte seetoegang. Binneseë soos die Kaspiese See en die Aralsee word nie in aanmerking geneem nie.

Van die tans 193 lidlande van die Verenigde Nasies is 44, ongeveer 1/4, landingeslote lande, waarvan twee – Liechtenstein en Oesbekistan – net aan ander landingeslote lande grens. Drie lande – Lesotho, San Marino en die Vatikaanstad – word net deur een enkele land omring en is daarmee enklawes. Sewe lande – Andorra, Bhoetan, Liechtenstein, Moldowa, Mongolië, Nepal en eSwatini – is tussen twee lande geleë.

Die grootste landingeslote land volgens oppervlakte is Kasakstan en die enigste een wat op twee kontinenteAsië en Europa – geleë is. Die landingeslote land met die hoogste bevolking is Ethiopië. Geen landingeslote land is op 'n eiland geleë nie, sodat almal oor die kontinentale landmassas versprei is. Daar is nie 'n landingeslote land in Noord-Amerika of Oseanië nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search